If you are experiencing difficulty please contact us at
Tel no: +27 (0) 12 326 6770 or email us at besprekings@kultuurtuiste.org.za
Fliek onder die sterre! (14 Februarie 2026)
14/02/2026 15:00-22:00
Toegang (per persoon) (15 avail) - R95.00
Kom vind die pad na jou geliefde se hart by die Voortrekkermonument
Bederf jou hartsmense hierdie Valentynsdag met ’n onvergeetlike buitelugfliekervaring by die Voortrekkermonument! Kom kuier saam op die trappe van die Monument terwyl die son sak en geniet die gewilde Afrikaanse romantiese fliek, “Pad na jou hart”. Dit is die perfekte geleentheid vir ’n romantiese afspraak of ’n gesellige kuier saam met vriende en familie onder die sterrehemel.
Wat jy moet weet:
- Datum: 14 Februarie 2026
- Plek: Die trappe van die Voortrekkermonument
- Toegangsgeld: Slegs R95 per kaartjie
Wat om saam te bring:
- Bring jou eie komberse en kussings om gemaklik op die trappe te sit.
- Piekniekmandjies is welkom of jy kan ’n piekniekboksie (R160 per boksie) saam met jou kaartjie koop.
- ’n Warm baadjie vir as die aandluggie koel word.