Online Tickets - Die Voortrekkermonument | The Voortrekker Monument

If you are experiencing difficulty please contact us at

Tel no: +27 (0) 12 326 6770 or email us at besprekings@kultuurtuiste.org.za

Kerssang by Kerslig-konsert met Amira Willighagen (13 Desember 2026)

13/12/2026 17:00-20:00

Teogang_Markplein (400 avail) - R50.00

Toegang_Heldesaal (700 avail) - R250.00

Toegang_Senotaafsaal (500 avail) - R150.00

Beleef ’n besondere aand van musiek, geloof en samesyn by die Voortrekkermonument.

Die internasionaal bekroonde sangeres Amira Willighagen, saam met lede van die Vox Chamber Choir en ’n orkesensemble, bring ’n roerende musikale ervaring na die Monument op die vooraand van Geloftedag en Kersfees.

Die konsert word afgesluit met die aflê van die Gelofte en die afvuur van die kanon.

🎟️ Kies jou belewenis:

📍 Heldesaal | R250 per persoon
Geniet die vertoning van naderby met ’n gereserveerde sitplek.

📍 Senotaafsaal | R150 per persoon
Volg die vertoning op groot skerms. Sitplek word voorsien.

📍 Markplein | R50 per persoon
Bring jou eie kampstoel, kombers en piekniekmandjie en geniet die vertoning op skerms onder die aandlug.

Bespreking is noodsaaklik.

Geloftedag - Snelrypakket (16 Desember 2026)

16/12/2026 06:00-08:30

Snelrypakket (per persoon) (2000 avail) - R200.00

Jou snelrypakket sluit die volgende in: 

  • Die gebruik van 'n spesiale toegangshek tot die terrein
  • Veilige en nabye parkering
  • 'n Trekleierblikbeker met  boeretroos 
  • ‘n Botteltjie water 
  • ‘n Botteltjie koeldrank
  • ‘n Vetkoek met geurige maalvleis
  • ‘n Plastiekstoel om op te sit 

Snelry gaste maak van die Noordhek se ingang, in Trichardtweg, gebruik om makliker op die terrein te kom. Die pakket moet op die dag tussen 06:00 en 08:30 afgehaal word. Geen pakkette gaan na die diens beskikbaar wees nie.