Online Tickets - INVOICE

If you are experiencing difficulty please contact us at

Tel no: events@legendsmx.co.za or email us at rochelle@proteafees.com

Please read here about the COVID-19 virus in South Africa

POTJIEKOSKOMPETIESIE SATERDAG 25 APRIL 2020

25/04/2020 12:00-15:00

POTJIEKOSKOMPETIESIE (20 avail) - R250.00

Artists: BenKruger Potjiekos

Proteafees 2020 - Potjiekoskompetisie reëls

Inskrywingsfooi is R250 per pot vir ‘n Span vant 1 tot 4 mense.

Deelnamers moet eie snymesse en houtborde, opskep- en roerlepels, braaitange en kampstoele saambring. Die organiseerders verskaf die potjie, brikette en ‘n staander waarop die potjie voorberei kan word.

Met aankoms ontvang die deelnemers ‘n SPAR-looitjie, waarvolgens hulle òf beesvleis, skaap,  vark òf hoender sal trek. Deelnemers MOET hulle pot bou met die looitjievleis wat hulle getrek het.

Daar sal ‘n CROWN-tafel wees met kruie en speserye,  asook potwyn indien die deelnamer dit in die pot sou wou gebruik.

Elke span sal ook ‘n identiese SPAR-pak groente ontvang waarvan hulle kan kies wat in die pot gebruik gaan word.

Deelnemers sal ook borde en eetgerei ontvang waarmee die kos vir die beoordelaars aangebied kan word.

Familie, vriende en ander diverse aanhangsels sal nie in die kompetisiearea toegelaat word nie. Troeteldiere is ook nie welkom nie.

Die kompetisie begin om 12h00. Vure kan voor 12h00 reeds gemaak word maar geen kosvoorbereiding sal voor dan toegelaat word nie.

Beoordeling begin om 14h00 en duur tot 15h00. Potte wat nie teen 15h00 gereed is nie sal nie beoordeel word nie.

Punte word toegeken vir smaak, voorbereidingtegniek, visuele impak en die spangees van die span. Versiering van die kookarea sal nie aanmerking geneem word nie.